Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik: ’n Huldiging (Karen de Wet (redakteur))

  • Hein Viljoen Noordwes-Universiteit

Abstract

Hierdie bundel is die elfde in die SA Akademie se reeks wat hulde bring aan Hertzogprys wenners en sodoende hulle werk lewend wil hou. Daarby neem die bundels bestek op van die  skrywers se werk en bied ’n soort dwarsdeursnit deur hoe hulle werk tans verstaan word of verstaan kan word met nuwe insigte en benaderings wat tans gangbaar is. Dit kom neer op ’n soort monstering kan die kragte van die huidige geslag (akademiese) lesers van Afrikaans rondom die gekanoniseerde fi gure. Kan hulle ’n greep kry op die werk en aan die werk reg laat geskied? En kan nuwe maniere van kyk tot nuwe insigte in die gekanoniseerde werke lei? Daaruit spruit ’n derde doel, naamlik om verdere navorsing oor die skrywers se werk te stimuleer.

Published
2023-06-12
Section
Boekbespreking