Om te ge- of nie te ge- nie

  • JD (Tom) McLachlan

Abstract

Onlangs het die kop van ’n hoofartikel in ’n bekende Afrikaanse dagblad gelui: “Nehawu moet sy staking dadelik aflas in SA belang”.

Dis ’n vreemde woord, dié “aflas”. In hedendaagse Afrikaans ken ons die werkwoord las, gelas hoofsaaklik in die betekenis van byvoorbeeld ‘stukke, dele (van iets) weer aan mekaar vasheg’, en die selfstandige naamwoord las, laste is dan die plek of punt van vashegting. Daarom is die idee van “aflas”, as ’n samestelling van af en las, moeilik om te konsipieer, want hoe “las” ’n mens iets “af, weg, tot niet, ondertoe”?

Published
2023-06-12
Section
Taalrubriek