“Gaan loop speel!”: Die inchoatiewe niehoofwerkwoorde gaan en loop

“Gaan loop speel!”: The inchoative auxiliary verbs gaan and loop in Afrikaans

  • Roné Wierenga Noordwes-Universiteit
Keywords: aspek, gaan, inchoatief, ingressief, inseptief, konstruksiegrammatika, korpuslinguistiek, loop, niehoofwerkwoord, niehoofwerkwoordelike inchoatiefkonstruksies

Abstract

Aspektuele betekenis is dikwels meerduidig in Afrikaans, omdat die werkwoord nie verpligtend gemerk word vir aspek nie. Die inchoatiefaspek is ’n grammatikaalaspektuele betekenis wat die moment direk voor die aanvang, die aanvangsmoment self, of die moment direk ná die aanvang van ’n handeling of faseverandering uitlig. ’n Verskeidenheid strategieë kan in Afrikaans gebruik word om die inchoatiefaspek uit te druk – een só ’n strategie is die gebruik van niehoofwerkwoordelike konstruksies. In hierdie artikel word gebruik gemaak van die Watkykjy!-korpus, Taalkommissiekorpus en NWU-Kommentaarkorpus om die frekwensies en gebruiks patrone van gaan en loop as direkteskakelwerkwoorde in inchoatiefkonstruksies na te gaan. Die resultate van die korpusondersoek toon dat hierdie gaan- en loop-inchoatiefkonstruksies vormlik en struktureel ooreenkomstig is, maar dat daar semantiese nuanses is wat bewerkstellig word deur die keuse om gaan of loop te gebruik.

Author Biography

Roné Wierenga, Noordwes-Universiteit

Virtuele Instituut vir Afrikaans, en Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2023-06-12
Section
Navorsings- en Oorsigartikels