Die spanningsverhaal: ’n Teoretiese beskouing en bespreking van drie voorbeelde in Afrikaans

The suspense novel: A theoretical overview and discussion of three examples in Afrikaans

  • Neil van Heerden Universiteit van Suid-Afrika
Keywords: Afrikaanse letterkunde, Chris Karsten, Deon Meyer, huishoudelike noir, lesersbetrokkenheid, misdaadfiksie, populêre fiksie, Rudie van Rensburg, sielkundige riller, spanning, spanningsverhaal, speurverhaal

Abstract

In hierdie artikel ondersoek ek spanning as literêr-teoretiese konsep. Spanning kan gedefinieer word as ’n benouende affektiewe respons wat in die leser tot stand kom na aanleiding van bepaalde tekstuele prikkels. Ek verskaf eerstens ’n aantal definisies en teorieë om sodoende ’n greep te kry op die tekstuele voorvereistes vir die totstandkoming van spanning. Ek steun veral op twee seminale bronne: Suspense: Conceptualisations, Theoretical Analyses, and Empirical Explorations (1996) en Suspense in the Formula Story (1989). Vervolgens bespreek ek drie onlangse bekroonde spanningsverhale in Afrikaans: Prooi (2018) deur Deon Meyer, Die versoeking van Thomas Maas (2020) deur Chris Karsten, en Hartedief (2021) deur Rudie van Rensburg. Ek wys ten slotte op die mees beduidende ooreenkomste en verskille tussen die drie voorbeeldtekste ten opsigte van die spanningsproses.

Author Biography

Neil van Heerden, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika

Published
2023-06-12
Section
Navorsings- en Oorsigartikels