Die belangrikste kultuurelemente van Afrikanerbesienswaardighede

The most important cultural elements of Afrikaner attractions

  • Esmarie Myburgh Noordwes-Universiteit
  • Engelina Du Plessis Noordwes-Universiteit
  • René van der Vyver Afriforum
Keywords: toerisme, kultuurtoerisme, kultuurtoeriste, kulturele besienswaardighede, kultuurelemente, Afrikaner-kultuurelemente, tasbare en ontasbare kultuurelemente, kwalitatiewe navorsing, geskiedenis, taal, musiek en dans, kos en tradisionele leefwyse

Abstract

Die doel van hierdie studie was om te bepaal watter kultuurelemente by ’n Afrikanerkultuurbesienswaardigheid in Suid-Afrika aangebied moet word. Die empiriese studie het ’n verkennende navorsingsontwerp gevolg en is uitgevoer deur die kwalitatiewe metode te volg, met 15 navorsingsdeelnemers. ’n Semi-gestruktureerde onderhoudskedule is gebruik om vrae aan die navorsingsdeelnemers te stel. Die onderhoudskedule het hoofsaaklik bestaan uit oop-einde vrae en het verband gehou met demografiese inligting, Afrikaner kultuurelemente en kreatiewe beginsels van toerisme. Die resultate het getoon dat die navorsingsdeelnemers se belangrikste Afrikaner-kultuurelemente die volgende is: geskiedenis, taal, musiek en dans, kos en tradisionele leefwyse. Die aanbevelings van die studie is gemik op bemarkers en bestuurders van bestaande of voornemende Afrikanerkultuur-besienswaardighede, akademici en die algemene publiek, met ’n fokus op Afrikanerkultuurtoerisme.

Author Biographies

Esmarie Myburgh, Noordwes-Universiteit

Skool vir Toerismebestuur, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Engelina Du Plessis, Noordwes-Universiteit

Skool vir Toerismebestuur, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

René van der Vyver, Afriforum

Navorser, Afriforum, Pretoria, Suid-Afrika

Published
2023-06-12
Section
Navorsings- en Oorsigartikels