Boosheid in die mens: “Tot stof sal jy terugkeer”

Evil in humankind: “To dust you shall return”

  • Johan Dreyer
  • Kobus van der Walt Noordwes-Universiteit
Keywords: normatiewe materialisme, die wetenskaplike proses, induksie, deduksie, abduksie, kosmologie, God as skepper, wetenskaplike vooroordeel, wetenskaplike paradigmas, sonde

Abstract

Daar is oortuigende argumente waarom kontemporêre natuurwetenskaplike waarnemings die beste verklaar kan word as dit binne ’n paradigma van ’n almagtige Skepper geïnterpreteer word. Tog is daar wêreldwyd by die hoofstroomnatuurwetenskaplikes groot teenkanting daarteen. In hierdie artikel word die vraagstuk van  normatiewe materialisme onder die loep geneem. ’n Analise van natuurwetenskaplike denkprosesse, sowel as wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê, lei tot die gevolgtrekking dat die oorsprong van normatiewe materialisme in die mens se eiewillige aard geleë is. Om by voorbaat een van die moontlike verklarings vir empiriese waarnemings uit te sluit slegs omdat dit van ’n navorser se wêreldbeeld verskil, verteen woordig swak, ongeldige wetenskapsbeoefening. Ten spyte van die feit dat die natuurwetenskap oorweldigend getuig van die teenwoordigheid en betrokkenheid van God, is daar steeds talle vraagstukke wat steeds nie deur óf natuurwetenskaplikes óf teoloë beantwoord kan word nie. Natuurwetenskaplikes wat strewe na integriteit in hul wetenskaps beoefening, behoort alle moontlike verklarings vir empiriese data met ’n gelyke mate van respek en aandag te oorweeg in hul soeke na die waarheid.

Author Biographies

Johan Dreyer

Onafhanklike navorser, Coligny, Suid-Afrika

Kobus van der Walt, Noordwes-Universiteit

Filosofie van Natuurwetenskap en Tegnologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2023-06-12
Section
Navorsings- en Oorsigartikels