Die oorsprong van die mens: “Laat Ons mense maak”

The origin of man: “Let us make humans”

  • Johan Dreyer
  • Kobus van der Walt Noordwes-Universiteit
Keywords: menslike oorsprong, bevolkingsuitbreiding, bevolkingsbottelnek, drempelgebeurtenisse, Kambriese ontploffing, teïstiese hipotese, normatiewe materialisme, gedeelde voorouer, samesmeltings chromosoom, proto-mens

Abstract

Volgens materialiste kan die ontstaan van die mens verklaar word deur evolusie, waarvoor daar oortuigende bewyse is, soos bv. genetiese ooreenkomste, bewyse uit die fossielrekord sowel as anatomiese vergelykings. Daarteenoor stel die metafisiese siening dat mense deur ’n goddelike entiteit of ’n bonatuurlike krag geskep is. Hierdie siening word dikwels geassosieer met godsdienstige oortuigings en is (volgens die teenstanders daarvan) nie op empiriese bewyse gebaseer nie.

As ’n spesie, toon menslike DNS (deoksiribonukleïensuur) ’n baie laer diversiteit as wat die genetiese teorie voorspel, hoofsaaklik as gevolg van die resentheid van die mens sowel as die voorkoms van ’n “bevolkingsbottelnek”. Dit dui daarop dat die hele menslike bevolking minder as 160 000 jaar gelede uit ’n baie klein groepie ontwikkel het, waarskynlik in Afrika. Mense deel veel meer as net voorouers met die res van die skepping: ook boumateriaal, selle, organe en ’n groot deel van ons genoom.

Dat mense uniek van aard is, is egter onbetwisbaar en kontemporêre wetenskap lewer vele empiriese waarnemings in hierdie verband, wat nie bevredigend verklaar kan word deur ’n onbegeleide, toevallige ontwikkelingsgeskiedenis nie. Die Bybelse narratief van Adam en Eva voldoen aan al die vereistes vir die drempelgebeurtenis in die menslike geskiedenis, wat wetenskaplik bewysbaar is. Die hipotese word daarom voorgehou dat die proto-mens geskep is deur begeleide ontwikkeling uit die stof van die aarde (koolstof, waterstof, stikstof, suurstof, fosfaat en swael). Later het ’n drempelgebeurtenis plaasgevind waartydens God die proto-mens “na Sy beeld” getransformeer het.

Author Biographies

Johan Dreyer

Onafhanklike navorser, Coligny, Suid-Afrika

Kobus van der Walt, Noordwes-Universiteit

Filosofie van Natuurwetenskap en Tegnologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2023-06-12
Section
Navorsings- en Oorsigartikels