Die ontstaan van lewe: “In die begin was die Woord daar”

The origin of life: “In the beginning was the Word”

  • Johan Dreyer
  • Kobus van der Walt Noordwes-Universiteit
Keywords: oorsprong van lewe, normatiewe materialisme, kreasionisme, panspermia, abiogenese, inligting in DNA, antroposentriese beginsel, data, inligting, kennis, kousale determinisme, termodinamika, onreduseerbare kompleksiteit, biologiese voortplanting, stogastistiteit

Abstract

’n Groot aantal natuurwetenskaplike navorsers beweer dat biologiese lewe op aarde heel waarskynlik natuurlik ontstaan het, maar geeneen kan die presiese meganisme waardeur lewe ontstaan het, weergee nie. Talle eksperimente en waarnemings het bewyse gelewer dat die basiese boustene van lewe, soos aminosure, spontaan kan vorm onder die toestande wat op die vroeë aarde teenwoordig was. Daarbenewens dui die ontdekking van ekstremofiele (organismes wat floreer in uiterste toestande soos hoë temperature en druk) daarop dat lewe moontlik deur ’n onbegeleide, willekeurige meganisme in sulke omgewings kon ontstaan het. Alhoewel die meerderheid wetenskaplikes dus kontemporêre wetenskaplike gegewens aanvoer as bewyse dat lewe ’n natuurlike oorsprong gehad het, is daar ’n groeiende stem van gesaghebbende navorsers wat beweer dat die voorwaardelike toestande vir lewe, sowel as die kompleksiteit daarvan, dui op fyn beplande, begeleide meganismes. In teenstelling met ’n normatiewe materialistiese vertrekpunt, propageer sulke navorsers ’n openheid om die data te volg tot die mees waarskynlike, logiese gevolgtrekking. Hierdie gevolgtrekking behels die voortdurende betrokkenheid van ’n Skepper vanaf voor die beginmoment van die skepping, tot op hede.

Author Biographies

Johan Dreyer

Onafhanklike navorser, Coligny, Suid-Afrika

Kobus van der Walt, Noordwes-Universiteit

Filosofi e van Natuurwetenskap en Tegnologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2023-06-12
Section
Navorsings- en Oorsigartikels