Spesiale tema: Afrikaans – Huidige inisiatiewe en toekomstige perspektiewe

  • Ina Wolfaardt-Gräbe

Abstract

In die vorige twee uitgawes, die Junie- en Septembernommers, is twee meningstukke oor “die twintig jaar van openbare taaldebat op Stellenbosch” (Brink, p. 411) geplaas. In sy weergawe meen prof. Chris Brink, voormalige rektor van die Universiteit Stellenbosch (2002–2007), dat die kern van die probleem opgesom kan word as die botsende verwagtinge betreffende die belange van Afrikaans aan die een, en die belange van die Universiteit Stellenbosch aan die ander kant. Op sy beurt bevind dr. Edwin Hertzog, voormalige voorsitter en ondervoorsitter van die Raad van die Universiteit Stellenbosch (2000–2008) “dat die aanpassings wat gedurende prof. Brink se termyn aan die taalbeleid gemaak is, nodig en in die beste belang van die universiteit was”, alhoewel hy dit terselfdertyd betreur “dat die akademiese onderbou van Afrikaans in die proses onder druk gekom het” (Hertzog, p. 608).

Section
Uitnodiging