Janus

  • J D (Tom) McLachlan

Abstract

Die Romeinse god Janus word meestal voorgestel met ’n gesig aan weerskante van sy kop. Hy kan dus gelyktydig in twee rigtings kyk, en dit was die inspirasie vir hierdie “speletjie” of “oefeninkie”.

Ek het verskeie kere al gesê dat ’n mens binnekort Engels sal moet ken om Afrikaans te kan verstaan. Lesers kan gerus kyk hoeveel (meestal gekamoefleerde) Engels hulle in die eerste stukkie opmerk voordat hulle dit met die meer tradisioneel idiomatiese tweede stukkie vergelyk.

Published
2022-12-07
Section
Taalrubriek