’n Perspektief op Orania se OSK Koöperatiewe Bank Beperk

A perspective on Orania’s OSC Co-operative Bank Limited

  • Fanie Joubert Universiteit van Suid-Afrika
  • André Laäs Beneficio Finansieringskorporasie
  • Anna Maria Laäs Laäs Döman Ingelyf Prokureurs
  • Jannie Rossouw Universiteit van die Witwatersrand
  • Cobus Vermeulen Universiteit van Suid-Afrika
Keywords: banke, finansiële tussengangers, koöperatiewe banke, geldvoorraad, kredietverlening, Orania, OSK Koöperatiewe Bank Beperk (OSK), ora

Abstract

Banke, as mobiliseerders van spaargeld, speel ’n belangrike rol in die kanalisering van beleggings, maar ook in die verbetering van die lewenstandaard van die bevolking of gemeenskappe waarbinne hulle funksioneer. Die omskakeling van besparings na beleggings stimuleer die beleggingsvermenigvuldiger, wat weer toon dat ’n toename in investeringsbesteding die totale ekonomie ondersteun. ’n Analise van die leningsbedrywighede van banke wys dat hierdie instellings beide likiditeits- en solvensieprobleme in die gesig staar. Om hierdie risiko’s te vermy is dit belangrik dat banke die korrekte rentekoers hef wat die risiko verbonde aan die lening en die koste van kapitaal om die lening te befonds, weerspieël.

Hierdie artikel ontleed spesifiek die rol wat koöperatiewe banke en koöperatiewe finansiële instellings in die Suid-Afrikaanse ekonomie vervul, deur te fokus op Orania se OSK Koöperatiewe Bank Beperk (OSK), die grootste koöperatiewe bank in Suid-Afrika. Die navorsing bestudeer die ontstaan en ontwikkeling van die OSK se uitleenaktiwiteite om belegging aan te moedig in die omgewing wat deur die bank bedien word.

Die gevolgtrekking is onder meer dat die instelling ’n beduidende positiewe invloed op Orania se ekonomiese ontwikkeling gehad het. Die aanbeveling uit hierdie navorsing is dat die OSK as voorbeeld vir ander koöperatiewe banke en koöperatiewe finansiële instellings kan dien, om soortgelyke praktyke in werking te stel en sodoende die direkte omgewing waarbinne hulle werksaam is, te ondersteun.

Author Biographies

Fanie Joubert, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Ekonomie, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria

André Laäs, Beneficio Finansieringskorporasie

Direkteur, Beneficio Finansieringskorporasie, Pretoria

Anna Maria Laäs, Laäs Döman Ingelyf Prokureurs

Direkteur, Laäs Döman Ingelyf Prokureurs, Waterkloof, Pretoria, Suid-Afrika

Jannie Rossouw, Universiteit van die Witwatersrand

Besoekende Professor, Wits Besigheidskool, Universiteit van die Witwatersrand, Johannesburg, 
Suid-Afrika

Cobus Vermeulen, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Ekonomie, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika

Published
2022-12-07
Section
Navorsings- en Oorsigartikels