Skoolgebaseerde bewegingsontwikkelingsprogramme en die motoriese behendigheid van graad 1-leerders: Die NW-CHILD-studie

School-based movement development programmes and motor performance of Grade 1 learners: The NW-CHILD Study

  • Chanelle Kemp Noordwes-Universiteit
  • Anita E Pienaar Noordwes-Universiteit
  • Dorita Du Toit Noordwes-Universiteit
Keywords: Skoolgebaseerde bewegingsprogramme, motoriese behendigheid, kinders, intervensie, proses-georiënteerde benadering, produkgeoriënteerde benadering, fynmotoriese presisie, fynmotoriese integrasie, handratsheid, bilaterale koördinasie, balans, hardloopspoed en ratsheid, boonste ledemaatkoördinasie, krag

Abstract

Navorsing toon dat skoolbeginners gereeld onvoldoende motoriese behendigheid toon. Die doel van die studie was om die effek van twee skoolgebaseerde bewegingsontwikkelingprogramme, gebaseer op verskillende intervensiebenaderings, op die motoriese behendigheid van Graad 1-leerders in die Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika te bepaal. Die substudie het deel uitgemaak van ’n longitudinale studie wat met Graad 1-leerders in die Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika begin is (NW-CHILD Studie). Twee skole is vanuit een van die vier skooldistrikte in die studie op ’n beskikbaarheidsbasis vanuit die totale steekproef van 20 skole in een dorpsgebied geselekteer om aan die studie deel te neem. Die skole het aan die intervensie vir 21 weke deelgeneem, en het bestaan uit 75 leerders (Skool 1=40 en Skool 2=35), met ’n gemiddelde ouderdom van 6.66 jaar (+ 0.24 sa). Die Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency-2 verkorte weergawe is gebruik om motoriese behendigheid te bepaal. Die bewegingsontwikkelingsprogram van Skool 1 het berus op ’n proses-georiënteerde benadering, terwyl Skool 2 ’n program gevolg het wat op ’n produk-georiënteerde benadering berus het. Beide bewegingsontwikkelingsprogramme het bygedra tot betekenisvolle verbetering, maar in verskillende motoriese behendigheid subkomponente, wat toegeskryf word aan die benaderings wat in dié programme gevolg is. Die inhoud sowel as die wyse van aanbieding (proses- en taakgeoriënteerd) is beide belangrik om in ag te neem in bewegingsontwikkelingsprogramme om optimale resultate te verseker Dit is ook belangrik dat spesialiste in die veld van motoriese ontwikkeling sodanige programme moet aanbied om ook leerders met onvoldoende motoriese behendigheid te ondersteun.

Author Biographies

Chanelle Kemp, Noordwes-Universiteit

Fisieke Aktiwiteit, Sport en Rekreasie (FASReK), Skool vir Psigo-Sosiale Onderwys, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Anita E Pienaar, Noordwes-Universiteit

Fisieke Aktiwiteit, Sport en Rekreasie (FASReK), Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Dorita Du Toit, Noordwes-Universiteit

Skool vir Psigo-Sosiale Onderwys, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Published
2022-12-07
Section
Navorsings- en Oorsigartikels