Taal as wêreldontsluiting: ’n Krities-waarderende interpretasie

Language as world disclosure: A critical-appreciative interpretation

  • Pieter Duvenhage Noordwes-Universiteit
Keywords: geldigheidsaansprake, Heidegger, Habermas, Kehre, kommunikatiewe rasionaliteit, openbare sfeer, wêreldontsluiting 1, wêreldontsluiting 2

Abstract

Die fokus van hierdie bydrae is die kwessie van taal as wêreldontsluiting. Sentrale vrae in dié opsig is: Wat is die rol van taal in die samelewing? Is taal bloot ’n instrument wat die mens na goeddunke kan gebruik of is daar meer op die spel? Hoe moet daar oor taal gedink word in kontemporêre samelewings en veral demokrasieë? Om hierdie vrae te beantwoord, val die bydrae in drie afdelings uiteen.

In afdeling 1 word Heidegger se opvatting van taal by wyse van ’n onderskeid tussen wêreldontsluiting 1 en wêreldontsluiting 2 geïnterpreteer. In dié opsig speel Heidegger se Kehre in die 1930’s ’n belangrike rol. Afdeling 1 eindig met drie punte van kritiek wat teen Heidegger se begrip van wêreldontsluiting – en veral wêreldontsluiting 2 – geopper kan word.

In afdeling 2 word Habermas se reaksie op Heidegger, naamlik sy kommunikatief-rasionele opvatting van geldigheidsaansprake, krities gerekonstrueer. Dit gaan hier veral oor sy kritiek
op Heidegger se taalopvatting, as wêreldontsluiting 2, na sy Kehre in die 1930s. Hierdie afdeling word eweneens met drie punte van kritiek op Habermas se taalopvatting afgesluit.

In die laaste afdeling (3) word daar tussen die onderskeie posisies van Heidegger en Habermas bemiddel, maar ook daarby verbybeweeg. Die punt hier is dat dit nie nodig is om wêreldontsluiting en geldigheidsaansprake in wedersyds eksklusiewe terme, soos beide Heidegger en Habermas neig, te maak nie. Uiteindelik eindig die bydrae met ’n bespreking van die politieke en estetiese implikasies van die voorafgaande bespreking – ook met verwysing na die komplekse aard van multikulturele demokrasieë.

Author Biography

Pieter Duvenhage, Noordwes-Universiteit

Buitengewone Professor, Departement Filosofie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom
Dekaan:  Geesteswetenskappe, Akademia, Pretoria, Suid-Afrika

Published
2022-12-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels