Die skyn van waarheid en ’n blyk van waardering

  • J D McLachlan

Abstract

Die woorde skyn en blyk, en veral die afl eidings daarvan en verbindings daarmee, is skelm woorde, want hulle mislei ’n gebruiker maklik.

Die eerste ding wat ’n mens moet onthou, is dat hulle elkeen as ’n selfstandige naamwoord of as ’n werkwoord gebruik kan word. In die opskrif hier bo is hulle selfstandige naamwoorde, soos gesien kan word uit onder meer die lidwoorde die en ’n wat saam met hulle gebruik word, en, in die geval van blyk, dat hy die meervoud kan neem: “blyke van waardering”.

Published
2022-09-14
Section
Taalrubriek