Aanvullende kommentaar oor die taaldebat op Stellenbosch

  • Edwin Hertzog

Abstract

Vanaf 1998 tot vroeg 2008 het ek as ’n verteenwoordiger van die Konvokasie op die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) gedien. Vir die laaste 4 jaar was ek voorsitter van die Raad en vir die voorafgaande 4 jaar ondervoorsitter. Ek was dus ten nouste betrokke by die hele termyn van 6 jaar van prof. Chris Brink se rektorskap asook die taaldebat waarna hy in sy artikel verwys.

Persoonlike loopbaanagtergrond is dat ek as narkotiseur opgelei is en gepraktiseer het voordat ek in 1983 die privaat hospitaalmaatskappy Mediclinic Internasionaal begin het waar ek in 2020 as voorsitter afgetree het. (Dit kan dalk ook gemeld word dat ek gedurende 1972 voorsitter van die US se Studenteraad was en vir die grootste gedeelte van my lewe op Stellenbosch gewoon het en steeds woon.)

Author Biography

Edwin Hertzog

Stellenbosch

Published
2022-09-14
Section
Aktueel