China se lang, onvoltooide twintigste eeu en die moontlike gevolge wat dit vir Afrika inhou

China’s long, unfinished twentieth century and its possible implications for Africa

  • Casper Lötter Noordwes-Universiteit
Keywords: China, grootmoondheidambisies, geskiedkundige gesindheid, Chinese psige, “Chinese Droom”, fuqiang (welvaart en mag), poststrukturalisme, Afrika, implikasies, positiewe aard, geringe Chinese belang, outokratiese inperkinge

Abstract

In hierdie bydrae word ondersoek ingestel na die ongeëwenaarde ekonomiese vooruitgang en gepaardgaande grootmoondheidambisies van China. In die besonder word gevra wat die moontlike gevolge van hierdie epogverskuiwende ontwikkeling vir die vasteland van Afrika sou wees. China se strewe na grootmoondheidstatus in die 21ste eeu word gewoonlik aan die hand van óf realisme óf idealisme verduidelik, maar ek wil graag daarna kyk vanuit ’n geskiedkundige invalshoek, wat blyk ’n unieke oogpunt te wees. Ek ondersoek die invloed wat die houvas van ’n geskiedkundige gesindheid op die Chinese psige het in hul naarstige soektog na grootmoondheidstatus. Die sogenaamde “Chinese Droom” of fuqiang (“welvaar en mag”) word gerugsteun deur die retoriek van die “honderd jaar van vernedering” (1842–1949). Daar is egter ook ander faktore wat ’n bydrae lewer tot die vermoede dat beweegredes eie aan die twintigste eeu die aansporing mag wees tot die ongekende industriële, militêre en ekonomiese groei in China. My gekose metodologie is die poststrukturalisme, wat my in staat stel om met vrug benaderings in ag te neem wat selfs teenstrydig met mekaar is. Ek kom tot die gevolgtrekking dat China se rol in Afrika se welvaart van die 21ste eeu genuanseerd is. Nie net is daar talle rolspelers (soos Rusland en die Verenigde State) wat ’n belang by Afrika het nie, maar Afrika is vanuit ’n Chinese oogpunt maar van geringe belang. Die Chinese invloed op Afrika blyk grotendeels voordelig vir die vasteland te wees, maar daar moet ook gelet word op die beperkings wat China se geneigdheid tot outokrasie het op die land se ontwikkelingsvooruitsigte.

“The size of China’s displacement of the world balance is such that the world must find a new balance. It is not possible to pretend that this is just another big player. This is the biggest player in the history of the world.”
Lee Kuan Yew (aangehaal in Allison, 2015)

“Except at the very highest levels, Chinese education cannot accommodate originality or unorthodox approaches. It rewards those who perpetuate existing orthodoxies, which is good for continuity and bad for innovation. At a time when innovation is very badly needed this is not a desirable tradition.”
WJF Jenner (1994:222)

Author Biography

Casper Lötter, Noordwes-Universiteit

Navorsingsgenoot, Noordwes-Universiteit Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2022-09-14
Section
Navorsings- en Oorsigartikels