Die gebruik van belonings om grondslagfaseleerders in spesiale skole se akademiese selfdoeltreffendheid en motivering te verhoog

The use of rewards to enhance the experiences of academic self-efficacy and motivation of foundation phase learners in a special-needs school

  • Janine Fourie Universiteit Stellenbosch
  • Lorna M Dreyer Universiteit Stellenbosch
Keywords: belonings, grondslagfaseleerders, ingesteldheid, kollektiewe gevallestudie, leerproses, leeruitkomste, motivering, selfbeskikkingsteorie, selfdoeltreffendheid, spesiale skool, verbale prysing/terugvoering

Abstract

Eienskappe soos volharding, kreatiwiteit en aanpasbaarheid is ’n mens se hele lewe lank van kardinale belang. Navorsing het getoon dat hierdie eienskappe aangeleer kan word deur ’n kombinasie van intrinsieke motivering en ’n hoë selfdoeltreffendheidsiening.

Daar word dikwels gebruik gemaak van belonings om leerders in skole te motiveer om te presteer, maar akademici het teenstrydige menings oor die rol wat belonings speel in leerders se intrinsieke motivering en selfdoeltreffendheidsienings. Navorsing toon dat leerders in spesiale skole dikwels weens vorige ervarings van herhaalde mislukking en terugslae lae sienings van hul eie vermoëns het. ’n Studie oor die rol van belonings in die selfdoeltreffendheidsienings van grondslagfaseleerders in spesiale skole was dus nodig, sodat onderwysers in spesiale skole belonings op so ’n manier kan aanwend dat dit leerders se selfdoeltreffendheid op ’n positiewe manier beïnvloed.

As vertrekpunt vir hierdie studie is Deci en Ryan (1985) se selfbeskikkingsteorie gebruik. In die milieu van ’n spesiale skool is vyf grondslagfaseleerders doelgerig gekies om aan die navorsing deel te neem, en die bevindings was soos volg: Leerders ervaar en waardeer akademiese belonings op ’n individuele vlak en daarom moet onderwysers belonings doelgerig selekteer en toeken. Ook moet die onderwyser deur die gebruik van belonings op die leerproses fokus om leerders se selfdoeltreffendheidsiening te verhoog.

Author Biographies

Janine Fourie, Universiteit Stellenbosch

Departement Opvoedkundige Sielkunde, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Lorna M Dreyer, Universiteit Stellenbosch

Departement Opvoedkundige Sielkunde, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2022-09-14
Section
Navorsings- en Oorsigartikels