Die gebrek aan behoorlike sanitasie en toegang tot water in Suid-Afrikaanse skole: Hoe ’n etiek van verantwoordelikheid kan help

The lack of proper sanitation and access to water in South African schools: How an ethics of responsibility can help

  • Chris Jones Universiteit Stellenbosch
Keywords: Anton van Niekerk, etiek van verantwoordelikheid, Etienne de Villiers, feilbaarheid, phronesis, sanitasie, skole, Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, toekoms(tigheid), water

Abstract

Hierdie artikel fokus op die fundamentele mensereg van toegang tot voldoende water en, daaruit voortvloeiende, sanitasie, en kyk meer spesifi ek na hoe die stand van sake in hierdie opsig in Suid-Afrikaanse skole lyk. Dit fokus op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verslag oor die sanitasie-infrastruktuur en waterverskaffi ng in skole in al nege Suid-Afrikaanse provinsies. Dit wys ook daarop dat dringende aandag daaraan nodig is, omdat 366 skole tans steeds sonder watertoevoer is, en ’n verdere 3 297 skole steeds van puttoilette gebruik maak. Hierna word daar stil gestaan by die Suid-Afrikaanse fi losoof Anton van Niekerk se etiek van verantwoordelikheid, wat dan kortliks geïntegreer word met die Suid-Afrikaanse teoloog Etienne de Villiers se benadering tot ’n etiek van verantwoordelikheid. Daar word gekyk wat die waarde daarvan kan wees vir die oplos van die probleme rakende sanitasie en watervoorsiening in skole. Laastens volg enkele slotgedagtes oor sekere kenmerke van ’n (toegepaste) etiek van verantwoordelikheid. Alhoewel laasgenoemde voor die hand liggend en effens kunsmatig mag voorkom wat hierdie problematiek in skole betref, kan die verantwoordelikheid wat op die staat in hierdie opsig rus, nie genoeg beklemtoon en teoreties begrond word nie.

Author Biography

Chris Jones, Universiteit Stellenbosch

Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2022-09-14
Section
Navorsings- en Oorsigartikels