Opbrengste, politieke ontwikkelings en ekonomiese kragte: ’n Historiese perspektief op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE), 2000–2010

Returns, political developments and economic forces: A historical perspective on the Johannesburg stock exchange (JSE), 2000–2010

  • Jesse De Beer University of Namibia
  • Nico Keyser University of the Free State
  • Ivan Van der Merwe University of the Free State
Keywords: Johannesburgse aandelebeurs (JSE Bpk.), opbrengste, politieke gebeure, ekonomiese gebeure, globale finansiële krisis

Abstract

Om tot ekonomiese groei en ontwikkeling by te dra, moet ’n aandelemark, as ’n toonaangewende ekonomiese aanwyser, die makroëkonomiese grondbeginsels van ’n land weerspieël. Die weerspieëling van politieke en ekonomiese ontwikkelings in opbrengste van genoteerde maatskappye dui op die risikoprofi el van maatskappye en die aandelebeurs. Die doel van hierdie artikel is om ’n historiese perspektief te verskaf oor die wyse waarop politieke en ekonomiese ontwikkelings gedurende die tydperk 2000–2010 in die opbrengste van die Johannesburgse aandelebeurs (die JSE Bpk.) weerspieël word. Die geskiedenis van die JSE gedurende hierdie tydperk kan in drie fases verdeel word: die fase voor die globale fi nansiële krisis (GFK), die GFK-fase, en die post-GFK-fase. In die studie is tot die gevolgtrekking gekom dat die JSE makroëkonomiese toestande, politieke veranderinge en wêreldgebeure gedurende die tydperk 2000-2010 weerspieël het. Die JSE het positief gereageer op hoër kommoditeitspryse en op ’n verbetering in ekonomiese en politieke vooruitsigte, maar het ook sy toenemende kwesbaarheid getoon vir aansteeklike internasionale gebeure en finansiële krisisse, soos die GFK en toe die dotcom-borrel gebars het.

Author Biographies

Jesse De Beer, University of Namibia

Department of Economics, University of Namibia, Namibia

Nico Keyser, University of the Free State

Department of Economics, University of the Free State, South Africa

Ivan Van der Merwe, University of the Free State

Department of Economics, University of the Free State, South Africa

Published
2022-09-14
Section
Navorsings- en Oorsigartikels