Blote vertroue en die voorwaardes daarvoor

Mere trust and the preconditions for it

  • Michael Heyns Noordwes-Universiteit
Keywords: Vertroue, Verligting, rasionalisme, rasionaliteit, weerloosheid, antesedente van vertroue, kognitiewe en niekognitiewe teorieë van vertroue, vertroue as abstraksie

Abstract

Hoe belangrik is vertroue vir menswees? Sedert die Verligting is dit mode in sekere kringe om menswees tot rasionaliteit te reduseer. Rasionalisme word daarvan verdink dat dit vertroue óf ombou om rasionaliteit te refl ekteer, óf dat dit ’n mindere plek in menslike bestaan aan vertroue toeken. Daar is egter tekens in ons tyd van ’n toenemende besef dat rasionaliteit grense het en dat menswees veel meer prominente kruissnydende aspekte en faktore veronderstel as wat ’n rasionalisme sal wil toegee. Te midde van hierdie meer akkommoderende konteks vir vertroue is die fokus van hierdie artikel die stel van ’n standpunt dat vertroue as menslike aspek van ander aspekte onderskei moet word, dat vertroue verdien om met prominensie in die moderne kultuur behandel te word en dat die interaksie tussen vertroue en ander aspekte ’n belangrike plek in menslike bestaan inneem.

Author Biography

Michael Heyns, Noordwes-Universiteit

Viserektor, AROS en buitengewone professor in Filosofie, Noordwes-Universiteit Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2022-09-14
Section
Navorsings- en Oorsigartikels