<i>Die Dorslandtrek 1874–1881</i> - Nicol Stassen

  • Editorial Office
  • Johann Tempelhoff Noordwes-Universiteit

Abstract

Afgesien daarvan dat Pretoriase uitgewer en geskiedkundige Nicol Stassen instrumenteel is in die publikasie van belangrike Suid-Afrikaanse historiese werke, het hy vir hom naam gemaak as ʼn deskundige op die gebied van die geskiedenis van die Transvaalse republiek in die 19de eeu en die trekke van Afrikaner-grensboere in die dorre gebiede van die Botswana-Kalahari, Namibië en Angola in. Hy spesialiseer in die diaspora van Europeërs van Nederlandse afkoms aan die Kaap in die 17de eeu en hulle migrasie en vestiging in die Suider-Afrikaanse binneland. Daar was al verskeie historici wat op hierdie terrein gewerk het, by name PJ van der  erwe, CFJ Mulder en L Hattingh. Stassen verteenwoordig ʼn vierde generasie van diesulkes.

Published
2018-06-09
Section
Boekbespreking