CD met Hendrik Hofmeyr se musiek word in Frankryk bekroon

  • Bertha Spies

Abstract

In Junie 2021 het die Franse tydskrif Classica Hendrik Hofmeyr se CD getitel Partita Africana as sy Choc de Classica (CD van die maand) aangewys. Onder die opskrif Impressions d’Afrique skryf Romaric Gergorin die volgende: “Une musique contemporaine d’inspiration joyeuse qui associe finesse mélodique et imaginaire folklorique. Régénérant!” (Kontemporêre musiek wag met vreugdevolle inspirasie melodiese finesse met folkloristiese verbeelding integreer. Vernuwend! [my vertaling]). Reeds vroeër in dieselfde jaar (in Februarie) beskryf Jean Salmona hierdie CD met kamermusiek as ’n ware ontdekking (“une véritable découverte”) in die tydskrif La Jaune et la Rouge. Remy Franck, hoofredakteur van die aanlyn tydskrif vir klassieke musiek Pizzicato, het egter reeds in Januarie positiewe kommentaar op hierdie CD gelewer (Franck is die jurievoorsitter van die International Classical Music Awards (ICMA)). Dit is jammer dat, algemeen gesproke, nuwe Suid-Afrikaanse komposisies nie die blootstelling in Suid-Afrika kry wat hulle verdien nie en soos in hierdie geval eerder in ander lande erkenning kry.

Published
2022-06-29
Section
Boekbespreking