Die een en ander uit die media, en ’n spelling of twee

  • J D McLachlan

Abstract

Ek is geen taalkundige nie; ek is ’n taalpraktisyn, en taalpraktisyns kyk dikwels ietwat anders as (akademiese) taalkundiges na die taal waarin hulle werk. Die taak van ’n taalpraktisyn behels veel meer as om kommas en punte in te sit en hier en daar ’n spelfout reg te maak. Dit behels onder meer dat ’n skrywer se teks so versorg en geskaaf moet word dat dit nie die teikengehoor aanstoot gee nie (byvoorbeeld omdat daar allerlei taal- en ander foute in is) en dat dit betekenis – die skrywer se bedoeling – verhelder.

Published
2022-06-29
Section
Taalrubriek