Wat is die WAT ’n wonderbare ding

  • J D (Tom) McLachlan

Abstract

Ek is geen sosiolinguis of sosioloog nie, maar na my mening is taal een van die belangrikste draers van die kultuur van ’n sprekersgemeenskap. Terwyl ek in die Taalkommissie gedien het, het ons onder leiding van prof. Ernst Kotzé byvoorbeeld heelwat aandag gegee aan woorde uit die Afrikaanssprekende Moslemgemeenskap, en om nou in die sepie Suidooster te sien en te hoor hoe, waar en wanneer sulke woorde deur mense uit daardie gemeenskap gebruik word, gee vir my ’n besondere blik op hulle kultuur en leefwêreld.

Published
2022-03-11
Section
Taalrubriek