Die ontstaan, opbou en aftakeling van die Sasol Kunsmuseum van die Universiteit Stellenbosch

The inception, rise and fall of the Sasol Art Museum of the University of Stellenbosch

  • Jan Giliomee Universiteit Stellenbosch

Abstract

Die Sasol Kunsmuseum het in 1991 tot stand gekom om die kunsversameling van die Universiteit van Stellenbosch (US) te huisves en akademies te bevorder. Die werke reeds in besit van die US is aangevul met groot skenkings soos dié van Solomon Caesar Malan, J du P Scholtz en Maggie Laubser. Groot oorsigversamelings van oeuvres soos deur Christo Coetzee (150-stuks), Nel Erasmus (112), Johannes Meintjes (91), en Larry Scully (10) is bekom. Skenkings en erflatings is selfs ook van buitelandse versamelaars ontvang, soos van die Duitser Peter Freund (uiteindelik ongeveer 100 drukgrafiese werke van belangrike Europese en ander kunstenaars van die vroeë twintigste eeu), en van ’n Nederlandse besoeker die nodige fondse vir die aankoop van ’n kopbeeld in brons deur Rodin.

Met die aanstelling van ’n nuwe Direkteur in 2013 het drastiese veranderings mettertyd begin plaasvind. Die name en beroepswerksaamhede van die instansies (Sasol Kunsmuseum en US Kunsgalery) as die belangrikste onderafdelings van die US Museum het letterlik verdwyn. Só ook die oorgrote meerderheid van bogenoemde kunswerke wat blykbaar meestal weggepak bly. Die fokus het verskuif van kunswaardering, -bevordering en -navorsing na ’n polities gemotiveerde transformasie, soos ook blyk uit die US Museum se aanstelling van ’n kurator vir sogenaamde Navorsing, Dialoog en Sosiale Geregtigheid.

Hierdie instelling behoort sy akademiese roeping ten opsigte van die uitstalling, uitbreiding, bewaring en ontsluiting van sy belangrike en eersterangse estetiese bronnemateriaal vir die hedendaagse kunsgeskiedskrywing in Suid-Afrika sonder twyfel te bly navolg.

Author Biography

Jan Giliomee, Universiteit Stellenbosch

Departement Plant- en Dierkunde, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2022-03-11
Section
Aktueel