Girardin se Etiese Heksagoon: Demokratiese regering en die rol van etiek en integriteit in die politiek en openbare lewe

Girardin’s Ethical Hexagon: Democratic government and the role of ethics and integrity in politics and public life

  • Editorial Office
  • Denis Venter Universiteit van Johannesburg

Abstract

Hierdie meningstuk is ’n breë teoretiese uiteensetting van relevante konsepte, gebaseer op ’n wydlopige literatuurstudie. Dit behandel die essensie van demokratiese regering, die intrinsieke aard en kwaliteit van integriteit en etiese optrede, die noodsaak vir deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die politiek en openbare lewe, en die enorme uitdagings wat korrupsie vir openbare dienslewering inhou. Die politiek en openbare diens kan nie langer integriteit en etiese implikasies of uitdagings ignoreer of afwysend daarteenoor staan nie, hoe dit ook al hanteer mag word, want daar is vier fundamentele waardes wat  oortdurend in die praktiese politiek verwesenlik moet word: (1) die beperking van gesag; (2) en (3) die doeltreffendheid (bevoegdheid) en verantwoordbaarheid (deursigtigheid) van regering; en (4) geregtigheid. Inderdaad, etiek en integriteit in die politiek is nie alleen wenslik nie, maar ook moontlik – dit is nie ’n naïewe droom nie. Etiek en integriteit is, metafories gesproke, twee kante van dieselfde muntstuk. Die ses waardebondels in Benoît Girardin se Ethical Tree – hierdie skrywer noem dit die Etiese Heksagoon – staan in noue verband met en word gerugsteun deur die vyf faktore onderliggend aan integriteit.

Author Biography

Denis Venter, Universiteit van Johannesburg

Navorsingsgenoot: Politieke Studies en Regeerkunde
Universiteit van Johannesburg; Universiteit van die Vrystaat

Published
2018-06-09
Section
Mening