Gender-performance in Alba Bouwer se vertaling van die etiketboek Sybille: Sjarmante vriendin

Gender performance in Alba Bouwer’s Afrikaans translation of the etiquette book Sybille: Sjarmante vriendin (Sybille: Charming friend)

  • Lizelle Smit Universiteit Stellenbosch
  • Danie Stander Universiteit Stellenbosch
Keywords: Alba Bouwer, Sybille: Sjarmante vriendin, etiketliteratuur, sedeliteratuur, deskriptiewe vertaalteorie, gender-performance, genderperformatiwiteit, rolverdelings van Afrikanervroue in die 1960’s en 1970’s

Abstract

In hierdie artikel ondersoek ons Alba Bouwer se Afrikaanse vertaling van die Duitse etiketboek Charmante Freundin: Sybille (1959), waarin die outeur nie vermeld word nie, as Sybille: Sjarmante vriendin (1968). Die Afrikaanse vertaling van Sybille word nêrens vermeld in die Afrikaanse naslaanliteratuur nie en daar bestaan ’n lakune in die ontleding van die Afrikaanse etiketboekgenre. Hierdie artikel trag om ’n gesprek aan te voor oor hierdie geïgnoreerde genre en hierdie vergete teks. Internasionale teoretici van etiketboeke beklemtoon die genre se gemoeidheid met voorskriftelike gedrag vir vroue en daarom vertolk ons Sybille as ’n handleiding vir hegemoniese gender-performance. Ons gebruik Judith Butler se teorieë van genderperformatiwiteit en gender performance om die advies wat Sybille aanbied vir haar vroulike teikenlesers te ontleed, en redeneer dan dat die spreker se voorgeskrewe vroulike ideaal ooreenstem met normatiewe hegemoniese verwagtings van vroue. Deur die lens van die deskriptiewe vertaalteorie kaats ons die teks teen die agtergrond van Afrikanernasionalistiese genderkonstruksies van die 1960’s en 1970’s soos geuiter deur Bouwer en ander invloedryke politieke figure. Ons identifiseer dan ’n interne teenstrydigheid in beide Bouwer en Sybille se retoriek en advies aangaande aanvaarbare vroulike gedrag en bevind dat hul albei patriargale konstruksies van vroulikheid terselfdertyd beaam en kritiseer. Ons skryf hierdie paradoksale konstruksie van vroulikheid toe aan die subtiele invloed wat die tweede feministiese beweging begin uitoefen het op genderideologie in Suid-Afrika.

Author Biographies

Lizelle Smit, Universiteit Stellenbosch

Nadoktorale navorsingsgenoot, Departement Engels, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

Danie Stander, Universiteit Stellenbosch

Nadoktorale navorsingsgenoot, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2022-03-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels