Hegemonie en mag: ’n Normatiewe besinning in die lig van ’n gevallestudie

Hegemony and power: A normative reflection as elucidated by a case study

Keywords: hegemonie, mag, demokrasie, tradisionele gesag, plaaslik, negatiewe hegemonie, positiewe hegemonie, waarheid, stryd, Simdlangentshagebied

Abstract

Die artikel benut ’n gevallestudie met die oog daarop om te illustreer dat die gebruikmaking van die konseptuele verband tussen hegemonie en mag nuttig sal wees met betrekking tot normatiewe gevolgtrekkings rondom die werking van die demokrasie. Die bestudering van die verhouding tussen twee oorvleuelende konsepte, naamlik hegemonie en mag, is gebrekkig. Die artikel spreek hierdie leemte aan deur ’n bydrae te bied wat fokus op die verband tussen dié twee konsepte. Met verwysing na die Simdlangentsha tradisionele owerheid word aangedui dat hegemonie en mag georden kan word met betrekking tot sistemiese, reaktiewe en strukturerende magsuitoefeninge. Hierdie teoretisering word in ’n toepassingsraamwerk saamgevat. In die slotgedeelte word normatief nagedink oor die gevallestudie en die plek daarvan in ’n demokratiese opset. Die artikel bevestig dat daar ruimte is vir tradisionele opsette in demokrasie met die voorbehoud dat dit nie voorkeur kan geniet nie.

Author Biography

Johan Zaaiman, Noordwes-Universiteit

Skool vir Sosiale Studies, Fakulteit Geesteswetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Published
2022-03-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels