Uitdagings en implikasies vir die implementering van selfgerigte leer tydens Covid-19

Challenges and implications for the implementation of self-directed learning during Covid-19

Keywords: Selfgerigte leer (SGL), Covid-19, inperking, leerders, aanlyn leer, onderwysers, 21ste eeu, Vierde Industriële Revolusie (4IR), arbeidsmag

Abstract

Die hoofdoel van onderrig is om toekomstige selfgerigte burgers te ondersteun in die verkryging van ’n blink toekoms en om die nodige SGL-vaardighede te verskaf om in ’n loopbaan goed onderrig te word. Onderwys, per se, is ’n sleutel tot lewe, kennis, selfvertroue, selfrespek en selfgerigtheid. Verder stel onderwys individue in staat om selfgerig vir die lewe voor te berei. SGL is as teoretiese raamwerk gebruik om die sentraliteit daarvan in die voorbereiding van ons toekomstige arbeidsmag te onderstreep en om uit te lig dat die ontbreking en niebevordering daarvan in skole tot agterstande kan lei soos dié wat gedurende die Covid-19-afsonderingstydperk en gepaardgaande skoolsluitings te voorskyn gekom het. Daar word kortliks besin oor die impak van Covid-19 op die volgende: i) die grondslag wat vir basiese onderwys gelê word; ii) die voordeel wat sekere leerders uit aanlyn onderrig getrek het; iii) ouerbetrokkenheid, iv) die belangrikheid van ’n onderwyser tydens aanlyn leer; (v) die emosionele ontwikkeling van leerders en trauma wat weens Covid-19 opgedoen is; en (vi) hoe leerders vóór Covid-19 bemagtig is om ’n pandemie te oorleef. Verder word daar melding gemaak van die uitdagings wat leerders, onderwysers en ouers (onder andere) kan ervaar vanweë vermelde skoolsluitings, met spesifieke verwysing na die uitdagings van toepassing op die makro-, meso- en mikrovlak binne die skoolkonteks. Ons verwys ook in ’n uitvoerige bespreking na die impak van Covid-19 op leerders se voorbereiding vir die 21ste eeu en die Vierde Industriële Revolusie (4IR). Ter afsluiting word die implikasies van Covid-19 en skoolsluitings vir die onderwyspraktyk belig.

Author Biographies

Henry Blignaut, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Charlene Du Toit-Brits, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2022-03-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels