De Zuid-Afrikaan en die teenstrydighede van 19de-eeuse Kaapse liberalism

De Zuid-Afrikaan and the contradictions of 19th century Cape liberalism

  • Gawie Botma Universiteit Stellenbosch
Keywords: Afrikanernasionalisme, De Zuid-Afrikaan, geskiedskrywing, joernalistiek, Kaapkolonie, koerante, konserwatief, liberaal, selfregering, slawerny, Suid-Afrika, 19de eeu, 20ste eeu

Abstract

Die Kaapse koloniale koerant De Zuid-Afrikaan, wat in 1830 die eerste maal verskyn het, word tradisioneel as die grondlegger van die Afrikaanse joernalistiek in Suid-Afrika gesien. Moet die koerant as reaksionêre voorloper van die Afrikaanse joernalistiek van Afrikanernasionalisme en apartheid gesien word, of het dit in die konteks van die 19de eeu ’n liberale stem verteenwoordig wat sedertdien onderbeklemtoon is?

Hierdie artikel belig De Zuid-Afrikaan se redaksionele dekking van twee sleutelkwessies. Aan die een kant was daar sy (liberale) ondersteuning van persvryheid en meer selfbeskikking vir die koloniste, en aan die ander sy (konserwatiewe) houding teenoor slawerny. Die historiese nalatenskap van die koerant word herbesoek aan die hand van ’n literatuuroorsig en geselekteerde aanhalings uit die oorspronklike inhoud.

Die slotsom is dat evaluering van De Zuid-Afrikaan in die 20ste-eeuse geskiedskrywing as eenduidig reaksionêr moontlik heroorweeg moet word. Van die nuanses en teenstrydighede van die spesifieke 19de-eeuse omgewing waarin die koerant ontstaan en ontwikkel het, het dalk verlore geraak.

Author Biography

Gawie Botma, Universiteit Stellenbosch

Departement Joernalistiek, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2022-03-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels