’n Filosofiese gesprek oor die dood en die sin van die lewe

A philosophical discussion on death and the meaning of life

  • Chris Jones Stellenbosch Universiteit
Keywords: dood, sin van die lewe, liggaamlikheid, filosofiese gesprek, Anton van Niekerk, Vincent Brümmer, misterie, tragedie

Abstract

Hierdie artikel doen verslag oor ’n filosofiese gesprek oor die dood en die sin van die lewe. Dit fokus in Deel 1 op ’n gesprek wat die outeur van hierdie artikel met Anton van Niekerk gevoer het nadat laasgenoemde se boek Die dood en die sin van die lewe in 2017 verskyn het. Omdat Van Niekerk diep spore in die filosofie getrap het, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd, en omdat daardie boek waarskynlik die belangrikste is wat nog in Afrikaans oor die onderwerp verskyn het, word die tema van die dood en die sin van die lewe in hierdie artikel verder ontgin. Ná die aanvanklike uitgebreide gesprek met Van Niekerk oor sy boek, word daar in Deel 2 stilgestaan by Vincent Brümmer se godsdiensfilosofiese gedagtes oor Van Niekerk se boek. Brümmer, ’n befaamde godsdiensfilosoof, vroeër verbonde aan die Universiteit Utrecht, het sy aantekeninge kort voor sy dood aan Van Niekerk gestuur. Dit word breedvoerig aan die orde gestel, waarna Van Niekerk toeligtende repliek lewer.

Author Biography

Chris Jones, Stellenbosch Universiteit

Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2022-03-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels