’n Oorsig oor die ontwikkeling en waarde van Interpreting Research in South Africa (IRSA)

An overview of the development and value of Interpreting Research in South Africa (IRSA)

Keywords: bibliometriese studies, tolknavorsing, bronne vir tolknavorsing, tolking databasis, tendense in tolknavorsing, Suid-Afrika

Abstract

IRSA (Interpreting Research in South Africa) is ’n omvattende databasis wat bestaan uit 279 bronne oor tolknavorsing in Suid-Afrika of wat deur Suid-Afrikaanse tolknavorsers geproduseer is. IRSA sluit publikasies vanuit die tydperk 1968 tot 2020 in en poog om so inklusief en omvattend moontlik te wees. IRSA het ten doel om die vertrek- en sentraleverwysingspunt vir navorsing oor tolking in Suid-Afrika te wees deur die relevante wetenskaplike publikasies gratis en op een plek beskikbaar te stel. Hierdie artikel bied ’n oorsig oor a) die totstandkoming en ontwikkeling van só ’n databasis met klem op die werkwyse wat toegepas is om die akkuraatheid van die databasis te verseker, b) die publikasies wat by IRSA ingesluit is en die oorhoofse navorsingstendense wat sedert 1968 waargeneem word, en c) die toekoms, instandhouding en voordele wat IRSA vir tolknavorsers in Suid-Afrika kan inhou.

Author Biographies

Herculene Kotzé, Noordwes-Universiteit

Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Roné Wierenga, Virtuele Instituut vir Afrikaans

Virtuele Instituut vir Afrikaans en Noordwes-Universiteit Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2021-12-11
Section
Vol 61 Nr 4 (2)