Die bepaling van ons mees geliefde Afrikaanse kerklied – ’n metodiese ondersoek

Determining our most beloved Afrikaans church hymn – a methodical research strategy

Keywords: opnametegniek, kerklied, self-geadministreerde vraelyste, Delphitegniek, geweegde gemiddelde, Liedboek

Abstract

In hierdie artikel word ’n uiteensetting gegee van die proses en die resultate van die gebruik van ’n self-geadministreerde aanlyn opname en vraelys om die mees “geliefde” kerklied in Afrikaanssprekende gemeentes in Suid-Afrika te bepaal. Daar word aandag gegee aan aspekte soos die keuse van metode, steekproefneming van respondente, vraelysontwerp en die  statistiese ontleding van response. Sommige van die risikoverminderingstrategieë wat die navorser gebruik, word ook uitgelig. Uit die ontleding van die data is dit duidelik dat gemeentes ’n voorkeur toon vir kerkliedere uit die Liedboek en Psalmboek, maar dat daar duidelik ook ’n liefde is vir liedere uit beide die VONKK- en FLAM-genre. Dit is verder ook duidelik dat die Psalms (al is dit net ’n paar) in die amptelike Afrikaanse Liedboek steeds ’n belangrike rol speel in die spiritualiteit van baie van die Afrikaanssprekende gemeentes in Suider-Afrika. Hierdie artikel dra by tot die metodologiese debat in die navorsingsveld van kerkmusiek.

Author Biography

Gideon Els, Universiteit van Johannesburg

Skool vir Rekeningkunde, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika

Published
2021-12-11
Section
Vol 61 Nr 4 (2)