’n Onwaarskynlike onderneming: ʼn Ondersoek na die kritiek op fundamentele pedagogiek

An unlikely venture: Interrogating the criticism of fundamental pedagogics

  • George D Yonge Opvoedkunde Universiteit van Kalifornië
Keywords: onderwys, opvoeding, psigopedagogiek, fundamentele pedagogiek, pedagogiek as ’n wetenskap, fenomenologiese metode, fenomenologiese vermindering (reduksie), voorwetenskaplik, wetenskaplik en postwetenskaplike perspektiewe, Langeveld se pedagogiek, essensies/ kategorieë, apartheidsonderwys, outoritêre onderrig, Christelik Nasionale onderwys, wetenskap van vs wetenskap vir, teorie van vs teorie vir

Abstract

Hierdie artikel begin met ’n kort skets van my professionele oorgang as natuurwetenskaplike na dié van ’n fenomenologiese navorser in Opvoedkunde, aanvanklik in Opvoedkundige Sielkunde, soos geïnspireer deur die fenomenologiese navorsing deur die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria. Ek was geïnteresseerd toe ek ’n verwoestende kritiek oor hierdie studies gelees het, wat geensins ooreengestem het met my eie begrip van die vakgebied nie. Dit het my gelei om die redes vir hierdie teenstrydighede te ondersoek, wat dan die hoofargument van hierdie artikel is. Die fenomenologiese metode wat in Pretoria gebruik word, word aanvanklik kortliks uiteengesit, veral die belangrikheid van die fenomenologiese reduksie (bracketing) om hierdie vraag te probeer beantwoord. Hierna bied ek my begrip van die fundamentele pedagogiek aan en die aspekte daarvan wat ek verdedig. Dan beskou ek in detail enkele bewerings van Suransky-Dekker (1998) oor die verband tussen Langeveld se pedagogiek en fundamentele pedagogiek in die konteks van apartheidsonderwys. Ten slotte oorweeg ek ’n paar van haar spesifieke aansprake oor fundamentele pedagogiek noukeurig om die moontlikheid aan te toon dat die verskil in die begrip of interpretasie van die betekenis van fundamentele pedagogiek moontlik kan verband hou met die feit dat fenomenologiese reduksie (bracketing) van krag is, al dan nie.

Author Biography

George D Yonge, Opvoedkunde Universiteit van Kalifornië

Emeritus-professor, Opvoedkunde Universiteit van Kalifornië, Davis, Verenigde State van Amerika

Published
2021-12-11
Section
Vol 61 Nr 4 (2)