Beleidsdiskriminasie, -verandering en entrepreneurskap: Beperkte politieke regte vir “Kleurlinge” in Suid-Afrika tot 1979

Policy discrimination, change and entrepreneurship: Political rights for “Coloureds” in South Africa until 1979

  • Fanie Cloete Universiteit van die Vrystaat
Keywords: algemene sake, apartheid, driekamerparlement, eie sake, magsdeling, politieke transformasie, PW Botha-komitee, SABRA, Theron-kommissie, Westminsterstelsel

Abstract

Hierdie artikel kontekstualiseer, verduidelik en beoordeel die ontwikkeling van politieke regte vir “Kleurlinge” in Suid-Afrika, tot 1979. Dit word gedoen vanuit die teoretiese perspektief van beleidsentrepreneurs wat verskillende persoonlike, professionele en ander sosiale netwerke tot hulle beskikking gebruik om direkte beleidsbeïnvloeding te doen. Die artikel skets eers kortliks die teoretiese uitgangspunte en kenmerke van beleidsentrepreneurskap en -netwerkbeïnvloeding en som dan die ontwikkeling van politieke regte vir die “Kleurlinggemeenskap” in die land op, tot PW Botha die leierskap van die Nasionale Party oorgeneem het. Die artikel kontekstualiseer en fokus veral op die aanloop tot en die afloop van die Erika Theron kommissie, wat ’n direkte rol gespeel het by die uiteindelike instelling van ’n fundamentele nuwe staatsbestel in die land. Die ondersoek illustreer die toepassing en impak wat doelgerigte individuele beleidsentrepreneurskap en -netwerkbeïnvloeding deur strategies geposisioneerde individue, groepe en netwerke op fundamentele samelewingsverandering kan hê. Dit illustreer en staaf verder die belangrike kumulatiewe effek wat beide interne en eksterne politieke druk op beleidsverandering kan hê. Dit het belangrike implikasies vir huidige en toekomstige beleidsaanpassings in Suid-Afrika en in ander demokratiese beleidsveranderingsprosesse.

Author Biography

Fanie Cloete, Universiteit van die Vrystaat

Navorsingsgenoot, Departement Publieke Administrasie en Bestuur, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2021-12-11
Section
Vol 61 Nr 4 (2)