“Harba lori fa”: ’n Tekstuele en intertekstuele reis

“Harba lori fa”: A textual and intertextual journey

  • Heinrich Ohlhoff Universiteit van Pretoria
Keywords: Hertog Jan I van Brabant, Eens Meienmorgens vroe, TT Cloete, Cees Nooteboom, Harba lori fa, simbool, intertekstualiteit, verskuiwing, herhaling, vervanging, byvoeging, herlesing, kognitiewe stilistiek, konseptuele metafoor, korrelrigheid/greinerigheid/spesifisiteit

Abstract

Hierdie artikel handel oor drie gedigtekste: “Eens Meienmorgens vroe” van die 13de-eeuse Nederlandse minstreel, hertog Jan I van Brabant, en tekste van twee twintigste-eeuse digters – TT Cloete (Afrikaans) en Cees Nooteboom (Nederlands) – wat albei die refrein uit Jan I se teks (“Harba lori fa”) as titel het. Daar word ingegaan op verskillende interpretasies van die refrein en op enkele sieninge oor intertekstualiteit, onder meer absolute en beperkte intertekstualiteit. Daarna kom die drie tekste elkeen afsonderlik aan bod – vir sover so iets moontlik is – en word hulle aard en struktuur bespreek. By die Cloete- en die Nooteboomtekste fokus die skrywer vervolgens op hierdie tekste (eindtekste) se verhouding tot “Eens Meienmorgens vroe” (beginteks) en ook die intertekstuele verband tussen die Cloete- en die Nooteboom-tekste onderling met betrekking tot transformasies soos verskuiwing, herlesing en vervanging. Insigte uit kognitiewe benaderings tot intertekstualiteit word ook, waar ter sake, gebruik, spesifiek die begrip korrelrigheid (“granularity”). Dit het geblyk dat hierdie (beperkte) intertekstuele benadering die besonderhede en eie aard van elke teks duideliker laat word en dat hulle ook aan mekaar volle reliëf gee.

Author Biography

Heinrich Ohlhoff, Universiteit van Pretoria

Emeritusprofessor in Afrikaans, Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika

Published
2021-12-11
Section
Vol 61 Nr 4 (1)