Op pad na ’n omvattende aanlyn woordeboek – met spesifieke verwysing na die Woordeboek van die Afrikaanse taal

Towards a comprehensive online dictionary – with specific reference to the Woordeboek van die Afrikaanse taal

  • Rufus Gouws Universteit Stellenbosch
Keywords: buitekenmerke, data-identifiseerders, dataverspreidingstruktuur, kognitiewe funksie, koteks, leksikografiese funksies, raamstruktuur, semi-geïntegreerde mikrostruktuur, soekdomein, soekgebied, soekuniversum, soeksone, soekveld, struktuurmerkers

Abstract

Soos verskeie ander tale se omvattende woordeboeke is die Woordeboek van die Afrikaanse Taal as gedrukte woordeboek beplan en saamgestel. Die hele woordeboek is intussen in elektroniese formaat beskikbaar en die laaste dele sal glad nie in gedrukte formaat verskyn nie. Na voltooiing van die werk in 2028 het die Redaksie die geleentheid om die hele woordeboek te herbewerk en ook om dit as ’n volwaardige aanlyn woordeboek beskikbaar te stel. So ’n herbewerking vereis die formulering van ’n nuwe woordeboekkonseptualiseringsplan wat erkenning gee aan werk wat in die leksikografiepraktyk asook in die metaleksikografie gedoen is.

Hierdie bydrae wys op ’n aantal aspekte waaraan die Redaksie kan aandag gee in hulle benutting van die moontlikhede van die aanlyn omgewing. Die fokus is op die aard van ’n omvattende woordeboek, die nuwe dataverspreidingstruktuur, ’n nuwe artikeluitleg, ’n veranderde mikrostruktuur wat ook aanpassings in die aard en omvang van die aanduiders insluit, asook ’n besinning oor die tersaaklike leksikografiese funksies.

Author Biography

Rufus Gouws, Universteit Stellenbosch

Departement Afrikaans en Nederlands, Universteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2021-12-11
Section
Vol 61 Nr 4 (1)