“dit en dat” en “al daai goed”: ’n Korpuslinguistiese ondersoek na pragmatiese merkers in gesproke Afrikaans

“dit en dat” (“this and that”) and “al daai goed” (“all that stuff”): A corpus-linguistic study of pragmatic markers in spoken Afrikaans

  • Elvis Saal Universiteit van Suid-Afrika
  • Annamarie Fourie Akademie vir Reformatoriese Onderwys en Opleiding
Keywords: pragmatiese merkers, vaekategoriemerkers, relevansieteorie, pragmatiek, korpuslinguistiek, skermers, vae taal, kwaliteitsbeginsel, kwantiteitsbeginsel, hoflikheidstrategieë

Abstract

Pragmatiese merkers is ’n frekwente verskynsel van gesproke taal. Daar is egter nog baie min studies onderneem na pragmatiese merkers in Omgangsafrikaans. Pragmatiese merkers tree op as belangrike kontekstualiseringswenke deurdat dit gespreksgenote rig in terme van die relevansie van die uiting, en die spreker in staat stel om, op bondige wyse, ’n houding teenoor die proposisie van die uiting te openbaar. In hierdie studie word gefokus op ’n bepaalde tipe pragmatiese merker, naamlik vaekategoriemerkers (VKM’s). Vaekategoriemerkers in Afrikaans is ’n meerwoordige leksikale eenheid, of woordkluster, wat as pragmatiese merker optree, byvoorbeeld “en goed” en “of iets”. Hierdie ondersoek het ten doel om aan die hand van korpuslinguistiese metodes te bepaal watter vaekategoriemerkers in Omgangsafrikaans gebruik word en watter pragmatiese funksies dit verrig.

Author Biographies

Elvis Saal, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika

Annamarie Fourie, Akademie vir Reformatoriese Onderwys en Opleiding

Akademie vir Reformatoriese Onderwys en Opleiding (AROS), Pretoria, Suid-Afrika

Published
2021-12-11
Section
Vol 61 Nr 4 (1)