Onverpersoonlikingstrategieë in Afrikaans

Impersonalisation strategies in Afrikaans

  • Adri Breed Noordwes-Universiteit
  • Daniël van Olmen Lancaster University
  • Jo-Ann Chan Noordwes-Universiteit
Keywords: onpersoonlik, onverpersoonliking, agenslose passief, menslike onpersoonlike voornaamwoord, universeel, eksistensieel, nverpersoonlikingstrategie

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die verskillende strategieë wat Afrikaanse sprekers gebruik om aan te dui dat ’n konstruksie onpersoonlik is. Onpersoonlike konstruksies is konstruksies waar die (soms implisiete) subjek geparafraseer kan word as “mense in die algemeen”, “ ’n onbekende persoon” of “sommige mense”. Hierdie onderwerp het al baie aandag in die taalkundeliteratuur gekry, maar die fokus was meestal op ’n beperkte aantal onverpersoonlikingstrategieë, soos die gebruik van persoonlike voornaamwoorde (bv. Jy leef net een keer), onbepaalde voornaamwoorde (byvoorbeeld Iemand het my beursie gesteel!) en passiewe konstruksies (byvoorbeeld My kar is gesteel). Volgens ons kan dié nou fokus in die literatuur toegeskryf word aan die feit dat die navorsingsmetodes (byvoorbeeld korpusstudies en vraelyste) wat tot op hede gebruik is om onverpersoonlikingstrategieë te ondersoek, navorsers slegs in staat stel om op deduktiewe wyse na die strategieë te kyk. Tot op hede is daar nog nie ’n studie uitgevoer om te bepaal i) watter verskillende moontlike onverpersoonlikingstrategieë deur Afrikaanse sprekers aangewend kan word nie, en ii) of daar bepaalde voorkeure vir sprekers bestaan oor watter strategieë om te gebruik in die verskillende en onderskeibare onpersoonlike kontekste. Hierdie ondersoek beantwoord hierdie twee vrae deur die resultate van ’n visuele vraelys – wat aan ongeveer 450 Afrikaanssprekende respondente gegee is om te beantwoord – te bestudeer.

Author Biographies

Adri Breed, Noordwes-Universiteit

Vakgroep Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Daniël van Olmen, Lancaster University

Department: Linguistics and English Language, Lancaster University, United Kingdom

Jo-Ann Chan, Noordwes-Universiteit

Vakgroep Grafiese Ontwerp, Skool vir kommunikasiekunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2021-12-11
Section
Vol 61 Nr 4 (1)