Statistiese evaluering en voorspelling van woordherkenning-toetstellings van die Foneties Verteenwoordigende Eenlettergrepige Woordlyste in Afrikaans (FVEWA)

Statistical evaluation and prediction of word recognition test scores of the <i>Foneties Verteenwoordigende Eenlettergrepige Woordlyste in Afrikaans (FVEWA)</i>

  • Editorial Office
  • Alida Naudé Universiteit van Pretoria
Keywords: Foneties Verteenwoordigende Eenlettergrepige Woordlyste in Afrikaans (FVEWA), psigometriese funksie, spraakoudiometrie, spraakherkenning, woordherkenning

Abstract

Teoretiese raamwerk: In die oudiologiese toetsbattery word spraakoudiometrie klinies meer sensitief as suiwertoon-oudiometrie geag om verlaagde ouditiewe analitiese vaardigheid in terme van komplekse akoestiese strukture in individue te identifiseer, omdat dit ook hoër vlak linguistiese funksie in die evaluering insluit. Hoewel spraakoudiometrie dus as ʼn belangrike komponent geag word, is daar tot op hede geen foneties gebalanseerde Afrikaanse spraakmateriaal beskikbaar om woordherkenning mee te meet nie. Woordherkenning moet in individue se eerste taal bepaal word ten einde ’n meer verteenwoordigende beeld van hul daaglikse kommunikasie funksionering te verkry. 

Doel: Die hoofdoel van hierdie navorsing was om die geldigheid van die Foneties Verteenwoordigende Eenlettergrepige Woordlyste in Afrikaans (FVEWA) statisties te bepaal om woordherkenning in ’n bepaalde Afrikaanse populasie te meet.

Metodiek: Die navorsing is gebaseer op ʼn kwantitatiewe retrospektiewe studie van die oudiologierekords van deelnemers wat by ʼn privaat oudiologiepraktyk geassesseer is. Die FVEWA is geëvalueer in terme van interlys-ekwivalensie en prestasie-intensiteit funksie vir gebruik in kliniese praktyk.

Bevindings: Daar is bevind dat die ses FVEWA-woordlyste statisties ekwivalent is wat moeilikheidsgraad betref. Die gemiddeld waar deelnemers 50% korrekte woordherkenning bereik het, was 14.2 dBGP. Die helling van die woordlyste wat in die FVEWA gebruik is, was 3.1%/dB by 50% (%/dB).

Author Biography

Alida Naudé, Universiteit van Pretoria

Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie
Universiteit van Pretoria

Published
2018-06-09
Section
Navorsings- en Oorsigartikels