Die toekoms van Hegel (gebore 1770)

  • Carel S De Beer Universiteit van Pretoria

Abstract

Het komponiste soos Beethoven en denkers soos Hegel vandag nog enige betekenis ná 250 jaar sedert hulle geboorte? Soos Beethoven se musiek, byvoorbeeld die “Ode aan Vreugde”, die gees en gemoed van diegene wat daarvoor gevoelig is en waardering het, nog steeds hemelhoog voer, so bring die denke van Hegel diegene wat nog in ernstige denke belangstel, byvoorbeeld deur sy Fenomenologie van die Gees, in ware vervoering in ons gedagtelose tye. Indien Blaise Pascal reg is met sy stelling “dat heel onze waardigheid in het denken gelegen is”, dan sal dit ook goed wees om op sy oproep ag te gee wanneer hy skryf: “Laten we dus ons best doen goed te denken; dat is het beginsel der moraal.” In die lig hiervan kan dit waardevol wees om oor die toekoms van Hegel, dus oor die toekoms van sy denke, te vra. Dit doen Catherine Malabou in haar boek oor Hegel, The future of Hegel: plasticity, temporality and dialectic, dan ook inderdaad.

Author Biography

Carel S De Beer, Universiteit van Pretoria

Emeritus professor: Universiteit van Suid-Afrika

Published
2021-09-09
Section
Rensensie-artikel