’n Fenomenologie van rassisme: Hegeliaanse (wan)erkenning en die struktuur van koloniale bewussyn

A phenomenology of racism: Hegelian (mis)recognition and the structure of colonial consciousness

  • Charles Villet Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Aufhebung, erkenning, Frantz Fanon, Georg Hegel, intersubjektiwiteit, koloniale mentaliteit, kolonialisme, meester-slaaf-dialektiek, postkolonialisme, rassisme, selfbewussyn, self en ander, stryd om erkenning, vervreemde selfbewussyn, valse erkenning, wanerkenning, wedersydse erkenning, verdingliking (reïfikasie)

Abstract

Hierdie artikel neem Hegel se weergawe van die mislukking van wedersydse erkenning (dus wanerkenning) krities onder die loep met spesifieke fokus op die meester-slaaf-dialektiek. Hegel gee daarmee sy analise van ’n soort bewussynsontwikkeling wat lei tot vervreemde selfbewussyn in sowel die self as die ander (subjek en objek). Die proses wat hierdie soort bewussyn begrond, gee myns insiens ’n fenomenologiese beskrywing en verduideliking van die kognitiewe wortels van rassisme en geweld soos wat dit gemanifesteer word in ’n sogenaamde moderne koloniale mentaliteit (beide in die koloniale en die postkoloniale konteks). Dit bied met ander woorde ’n uiteensetting van hoe rassisme vorm aanneem in die selfbewussyn. Die moontlike wegbeweeg van rassisme na wedersydse erkenning word ondersoek met di doel om te sien hoe wanerkenning hanteer kan word (in die selfbewussyn). Dit word gedoen aan die hand van ’n model van Hegel se bewussynsteorie, wat verskillende soorte intersubjektiewe erkenning in breë trekke uiteensit. Die fokus van hierdie model is die wisselwerking tussen die dinglike en begripsaspekte van Hegeliaanse erkenning in die interaksie van die self (as subjek) met die ander. Hopelik kan hierdie model help om begrip te bevorder van hoe selferkenning, wanerkenning en wedersydse erkenning gepaard gaan met verskillende vorme van bewussyn. Teen die agtergrond van ’n koloniale bewussyn het wanerkenning en wedersydse erkenning ’n beduidende uitwerking op menslike verhoudinge. Fanon het dit verder belig met sy fokus op die rol van ras in die dialektiek en erkenning.

Author Biography

Charles Villet, Universiteit van die Vrystaat

Navorsingsgenoot, Filosofie Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Published
2021-09-09
Section
Navorsings- en Oorsigartikels