Liefde en refleksiewe denke: Die vroeë Hegel oor die lotgevalle van die moderne mens

Love and reflexive thinking: The early Hegel on the vicissitudes of modern man

  • Pieter Duvenhage Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Christendom, Frankfurt, ideëgeskiedenis, liefde, moderne lewe, refleksiewe denke, vroeë Hegel, vroeë teologiese geskrifte

Abstract

In hierdie artikel val die fokus op hoe Georg Friedrich Wilhelm Hegel se vroeë denke en vroe teologiese geskrifte die tema van die historiese lotgevalle van die moderne mens in die moderne wêreld hanteer. Meer spesifiek fokus die artikel op Hegel se begrip van die liefde soos hy dit in sy essay “Die Gees van die Christendom en sy lotgevalle”2 (1797–99) weergee, en op die epistemologiese, eties-politiese, ontologiese en krities-historiese implikasies daarvan. Hierteenoor word begrippe soos refleksiewe denke, eiendom en abstrakte reg in ’n sekere vroeëre dialektiese verhouding by Hegel in spel gebring.

Die bydrae bestaan basies uit vier dele. Eerstens word, ter wille van die leser, ’n bondige biografiese skets van Hegel gegee. Tweedens word Hegel se vroeë teologiese geskrifte oor die verhouding van die moderne mens en sy diepste bronne, wat gedurende sy jare in Tübingen en Bern geskryf is, bondig gerekonstrueer. Dit bied derdens die agtergrond waarteen hierdie denkmotiewe by wyse van ’n fokus op sy belangrike essay “Die Gees van die Christendom en sy lotgevalle”, uit sy Frankfurtse periode (1798–1799), verdiep word. Hierdie bespreking, waarin Hegel se argument in ’n aantal stappe gerekonstrueer word, vorm die kern van die bydrae. Laastens word aangetoon hoe die denkmotiewe in hierdie belangrike vroeë essay in Hegel se latere werke weerklank vind.

Author Biography

Pieter Duvenhage, Universiteit van die Vrystaat

Dekaan: Geesteswetenskappe, Akademia, Navorsingsgenoot: Departement Filosofie, Universiteit van die Vrystaat

Published
2021-09-08
Section
Navorsings- en Oorsigartikels