Kapasiteitsontwikkeling by geskoolde en hooggeskoolde werklose persone in Pretoria, Gauteng, ten einde hulle indiensneembaarheid en selfwerksaamheid te bevorder

Capacity development among skilled and highly skilled unemployed persons in Pretoria, Gauteng, in order to improve their employability and self-employability

Keywords: kognitief, affektief, konatief, strategieë, kapasiteitsontwikkeling, geskoolde en hooggeskoolde werklose persone, Gauteng, nieregeringsorganisasie

Abstract

Party nieregeringsorganisasies (NRO’s) help werklose mense om in diens geneem te word of om vir hul eie sak te werk. Sulke NRO’s bied gewoonlik opleiding en ondersteuning aan werklose mense met die doel om hulle vermoë te ontwikkel op terreine waar hulle dit dalk nodig het. Die doel van hierdie verkennende navorsing was om te bepaal hoe geskoolde en hooggeskoolde werklose persone wat by ’n NRO in Pretoria, Gauteng, betrokke is, hulle eie vermoë sien om hulle indiensneembaarheid en selfwerksaamheid te verbeter. Die kapasiteitsbenadering van Sen en van Kolbe is in hierdie studie as teoretiese raamwerke gebruik, soos ook interpretativisme, fenomenologie en ’n kwalitatiewe navorsingsmetode. Twee semigestruktureerde fokusgroeponderhoude is gebruik om inligting van die deelnemers te bekom. Die bevindinge kan in drie hooftemas saamgevat word, naamlik die kognitiewe, of denke (selfbeeld, nuwe denke en vaardighede); die affektiewe, of emosies (motivering, negatiewe emosies ten opsigte van verhoudings); en strategieë om kapasiteit te bou (erkenning van vorige leer en werkskaduwing). Die konatiewe (strewe, gedrag) as deel van Kolbe se teorie is nie in die narratiewe gevind nie. Op grond van die navorsingsbevindinge en die literatuur is ’n raamwerk saamgestel om die “hoe” (watter strategieë) en die “wat” (watter kapasiteit) van kapasiteitsontwikkeling van geskoolde en hooggeskoolde werklose persone uit te lig.

Author Biographies

Cecile Schultz, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement Menslike Hulpbronbestuur en Ontwikkeling, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Pretoria, Suid-Afrika

Karel Lessing, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement Menslike Hulpbronbestuur en Ontwikkeling, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Pretoria, Suid-Afrika

Pieter K Smit, Tshwane University of Technology

Departement Menslike Hulpbronbestuur en Ontwikkeling,Tshwane Universiteit van Tegnologie, Pretoria, Suid-Afrika

Ilse Swarts, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement Menslike Hulpbronbestuur en Ontwikkeling, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Pretoria, Suid-Afrika

Lize van Hoek, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement Menslike Hulpbronbestuur en Ontwikkeling, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Pretoria, Suid-Afrika

Hannie Viljoen, Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand, Pretoria, Suid-Afrika

Published
2021-09-08
Section
Navorsings- en Oorsigartikels