“’n Tyd van oorvloed;’n tyd van skaarste”: Utopiese en distopiese impulse in Lien Botha se Wonderboom

“A time of plenty; a time of want”: Utopian and dystopian elements in Lien Botha’s Wonderboom

  • Editorial Office
  • Thys Human Noordwes-Universiteit
Keywords: Postapokaliptiese fiksie, utopie, distopie, distopiese letterkunde, radikale pessimisme, hoop, grensoorskrydende utopiese distopie, klassieke distopie, kritiese distopie, Wonderboom, Lien Botha, ekspedisie, gedagtebeheer, amnesie, verset, verbeelding, hergeboorte, ekologiese verval

Abstract

Wonderboom (2015), Lien Botha se debuutroman, speel soos Eben Venter se Horrelpoot (2006) en Deon Meyer se Koors (2016), in ’n postapokaliptiese Suid-Afrika af, met die gevolg dat dit teen die agtergrond van distopiese toekomsliteratuur in Afrikaans gelees kan word, maar dan as welkome vroulike bydrae tot ’n genre wat die afgelope paar jaar deur manskrywers gedomineer is. Barendse (2013:76) wys daarop dat hoewel hedendaagse internasionale distopiese literatuur ’n sterk feministiese inslag vertoon, die toekomsromans wat sedert die 1990’s in Afrikaans verskyn het, almal geskryf is “deur wit Afrikaanse manlike skrywers” en almal “wit manlike hoofkarakters” bevat. Met Wonderboom sluit Botha by tekste aan wat eerder onder die noemer “kritiese distopieë” as “klassieke distopieë” tuisgebring kan word. Volgens Mohr (2005:10) behoort hierdie tekste tot die eiesoortige genre wat sy “grensoorskrydende utopiese distopieë” noem, aangesien dit bepaalde utopiese elemente by die oorwegend distopiese vertelling inkorporeer en die binêre logika van die klassieke distopie bevraagteken, ondermyn en oorstyg. In hierdie artikel word daar, in die lig van bogenoemde, ondersoek ingestel na die wyses waarop Wonderboom die konvensies van die sogenaamde klassieke distopie bevestig, maar terselfdertyd ook aan die hand van utopiese perspektiewe uitdaag en op grensoorskrydende wyse ondermyn.

Author Biography

Thys Human, Noordwes-Universiteit

Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale
Noordwes-Universiteit

Potchefstroom

Published
2018-06-09
Section
Navorsings- en Oorsigartikels