Die noodsaak van bevoegde onderwysers in elke Suid-Afrikaanse skoolklaskamer

The necessity of competent teachers in each South African school classroom

  • Johan Beckman Universiteit van die Vrystaat
Keywords: koronavirusimplikasies, finansiële implikasies, bevoegdheid van onderwysers, belangrikheid van onderwysers, onbevoegdheid van onderwysers, ononderhandelbaarheid, onmeetbaarheid van die waarde van onderwysers se bydrae, hervatting van die stelsel

Abstract

Goeie onderwys kan beskou word as die belangrikste funksie van die staat. Kinders kan nie sukses in die lewe behaal sonder onderwys nie en die basiese instellings van ’n staat kan ineenstort sonder goeie onderwys (vgl. Thro 2005; Nkomo 2021).

’n Verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum (2013) het bevind dat Suid-Afrika se onderwysstelsel die derde swakste van al die geëvalueerde lande gevaar het. Die jongste ewekniestudies oor aspekte van die onderwys bevestig almal dat Suid-Afrika groot uitdagings in die gesig staar, hoewel daar tog geringe vordering te bespeur is (Department of Basic Education 2017).

Die beskikbaarheid van bevoegde leerkragte word as as een van die grootste uitdagings van die Suid-Afrikaanse onderwyssstelsel gesien. Die pedagogiese en vakinhoudelike kennis van die meeste onderwysers is swak en is die hoofrede vir swak leerderprestasie. Verskeie redes kan vir hierdie onbevoegdheid aangevoer word.

Meta-analiste soos Hanushek en Hattie het bevind dat iemand wat oplossings vir onderwysprobleme soek in die eerste plek na die gehalte van onderwysers moet kyk. In hierdie artikel ondersoek ek die implikasies van hulle sienings en in besonder hulle bevindings dat mens “prosaiëse” ekonomiese waardes aan onderwysers se bydraes kan heg.

Nuwe uitdagings wat aan onderwysers gestel word deur die Covid-19-virus nou, en ook wanneer die onderwysstelsel na die pandemie herstel (“reset”), sal in berekening gebring moet word. Die koronavirus en die afl oop daarvan sal waarskynlik saam met die huidige probleme met die gehalte van onderwys die aanstelling van bevoegde onderwysers ononderhandelbaar maak.

Author Biography

Johan Beckman, Universiteit van die Vrystaat

Navorsingsgenoot: Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Published
2021-09-08
Section
Navorsings- en Oorsigartikels