Politieke transformatisme in Suid-Afrika: Implikasies vir die staat, die ekonomie en die samelewing

Political transformationism in South Africa: Implications for the state, the economy and society

  • André Duvenhage Noordwes-Universiteit
Keywords: Politieke transformasie, transformatisme, sosiogeniëring, regstaat, ANC, ideologie, Nasionaal Demokratiese Rewolusie, staatskaping, korrupsie

Abstract

Vorme van sosiogeniëring, byvoorbeeld kolonisasie, apartheid en vorme van radikale sosialisme (Ujamaa – sosialisme in Tanzanië, en radikale grondhervorming in Zimbabwe), was meestal ’n mislukking met katastrofiese gevolge vir die onderskeie state, hul ekonomieë en selfs die betrokke samelewingsordes. Dikwels is die omgekeerde bereik van juis dít wat in die vooruitsig gestel is. Die mislukking van apartheid (soms voorgehou as afsonderlike ontwikkeling) is nog vars in die geheue as voorbeeld van bogenoemde.

Uitgaande van die idee (of ideologie) van die Nasionaal Demokratiese Rewolusie, het die oorhoofse beleidsraamwerk van politieke transformasie in Suid Afrika beslag gekry – die teenvoeter vir die historiese apartheid- en koloniale praktyke. Die doel van hierdie ideologie is om, met behulp van radikale (transformatiewe verandering), ’n samelewing wat verenigend, nierassig, nieseksisties en ontwikkelingsgerig is te bewerkstellig. Die sentrale fokus is verteenwoordigendheid op alle vlakke van die samelewing met inbegrip van die staat, die ekonomi en die burgerlike samelewing.

Hierdie navorsing stel as hipotese dat politieke transformasie, die ideologie wat in Suid-Afrika toegepas word, tot mislukking gedoem is en dat hierdie mislukking nie net reeds waarneembaar is nie, maar verreikende toekomstige implikasies inhou vir die staat, die ekonomie en die groter samelewing.

Die doel van hierdie artikel is dus ’n grondige ondersoek na en kritiese ontleding van transformatisme as die heersende politieke ideologie in Suid-Afrika. Hierdie beoordeling geskied teen die agtergrond van die regstaatidee as norm, asook verbandhoudende demokratiese kriteria waarin politieke, ekonomiese en sosiale vryheid as normatiewe grondslag en vertrekpunt geneem word.

Author Biography

André Duvenhage, Noordwes-Universiteit

Politieke wetenskap, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2021-09-08
Section
Navorsings- en Oorsigartikels