MT Steyn: ’n Moderne Christen-Afrikanerleier?

MT Steyn: A modern Christian Afrikaner leader?

  • P J Strauss Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Afrikaner van die Afrikaners, belydende gereformeerde Christen, eerste seun van die land as president, Britse imperialisme, “Laat U wil geskied” (“Uw wil geschiede …”)

Abstract

Die waardering vir president MT Steyn onder sy mense het weerklink in beskrywings waarmee hulle hom gekarakteriseer het, soos “Afrikaner van die Afrikaners” en “siel van die Vryheidstryd”. Steyn (1896–1902) was die laaste president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, maar die eerste een wat in dié onafhanklike Boererepubliek gebore is. Omstanders kon sy belydenis van God Drie-enig as die Driemaal Heilige God uit sy eie mond hoor. Hy het sy taak, waaronder die Vrystaat se deelname aan die Anglo-Boereoorlog, in die geloof aangepak. Sy reaksie op probleme was gegrond op Christelike lewenswaarhede. Hoewel hy soms in onpersoonlike, onsydige terme na God verwys het, sou dit hom nie verhinder om die Bybel as gids vir die lewe te aanvaar nie.

Vanuit sy agtergrond as ’n Vrystaatse boerseun sou Steyn ’n spontane band met die Afrikaner en veral die Vrystaatse Afrikaner ontwikkel. Deur studie en opleiding as ’n Afrikaner uit Afrika in Nederland en Brittanje, asook deur sy vriendskap met bekende Engelse van Bloemfontein en sy werk as ’n Vrystaatse regter, sou Steyn ontwikkel in ’n moderne, belese en berese staatsman. Hierdie Vrystaatse president het gedurende sy ampstydperk (1896–1902) getoon dat hy deeglik op hoogte was van Suid-Afrikaanse en Westerse denkrigtings en dat hy sy eie posisie as Vrystater in hierdie opsig na binne en buite kon verantwoord. 

Steyn se optrede as president op nasionale sowel as internasionale vlak is deurgaans gerig deur die beginsel van reg en geregtigheid. Hy was uitgesproke Afrikaans, maar met lewensruimte vir ander groepe. Daarby was hy ’n voorstander van die strukturele gelykwaardigheid van state, ongeag hulle mag of vermoë.

Steyn se sentrale lewenskompas is op die Vrouemonument aangebring: “Uw wil geschiede…”.

Author Biography

P J Strauss, Universiteit van die Vrystaat

Navorsingsgenoot, Departement van Historiese en Konstruktiewe Teologie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Published
2021-09-08
Section
Navorsings- en Oorsigartikels