Die Ou Testament as verhoudingsboek: Nagedink oor die waarde van die Ou Testament

The Old Testament as a book of relationships: A reflection on the value of the Old Testament

  • S D Snyman Universiteit van die Vrystaat
Keywords: hermeneutiek, verhouding tussen Ou en Nuwe Testament, kanon, Afrikaanse vertaling, wet, evangelie, belofte, vervulling kontinuïteit, diskontinuïteit, profesie, voorspelling, verhoudingsmatig

Abstract

Die publikasie van twee verskillende uitgawes van die Bybel in Afrikaans is ’n resente aanduiding van die kontroversiële posisie van die Ou Testament in die Bybel. Onderliggend aan die aandrang op ’n afsonderlike uitgawe van die Bybel in Afrikaans is die oortuiging dat die waarde van die Ou Testament eintlik lê in die heenwysings, voorspellings, sinspelings en profesieë wat dit bevat ten opsigte van Jesus Christus. Vervolgens die probleemstelling wat in hierdie bydrae ondersoek gaan word: Wat is die waarde van die Ou Testament as deel van die kanon van die Christelike kerk? Die binêre teenoorstelling van begrippe (wet: evangelie; belofte: vervulling; kontinuïteit: diskontinuïteit) om die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament te beskryf, deug nie meer om die verhouding effektief te beskryf nie. ’n Alternatiewe moontlikheid vir die waardering van die Ou Testament word voorgestel wat kortliks daarop neerkom dat die Ou Testament gelees moet word as ’n verhoudingsboek wat primêr handel oor God en mens wat in ’n verhouding met mekaar, ander en die skepping staan.

Author Biography

S D Snyman, Universiteit van die Vrystaat

Ou en Nuwe Testament, Fakulteit Teologie en Godsdienswetenskap, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Published
2021-09-08
Section
Navorsings- en Oorsigartikels