Internasionale medewerker van Tydskrif vir Geesteswetenskappe in Nederland vereer

  • Marinus Schoeman

Abstract

Paul van Tongeren, emeritus hoogleraar Wysgerige Etiek aan die Radboud Universiteit Nijmegen en die KU Leuven, is onlangs vereer met die titel Denker des Vaderlands. Hierdie eerbewys word tweejaarliks in Nederland toegeken. Daar is geen offisiële taakomskrywing vir die Denker des Vaderlands nie. In ’n onderhoud met die dagblad Trouw spreek Van Tongeren sy ambisie vir die komende twee jaar uit: “Ik heb me de laatste twintig jaar ingezet om in mijn werk een brug te slaan tussen de academische filosofie en de publieksfilosofie. Die mogen niet uit elkaar groeien, ze hebben elkaar nodig.“

Published
2021-06-18
Section
Aankondigings